Episode 16 – ‘Gee aandag al raak ’n mens soms vuisvoos’ – Lizelle de Bruin oor groen stories en hoekom dit belangrik is

Loading player...
Voor die NG Moedergemeente op George was ’n groot eikeboom. Toe word dit afgekap na ’n kewer die dorp se akkerbome besmet het. Vandag groei op dieselfde plek ’n paar jong eikeboompies wat van hierdie boom se akkers gekweek is. Dit is vir haar ’n ongelooflike storie van hoop, vertel Lizelle de Bruin, vanjaar die ontvanger van die Andrew Murray-Prysfonds se Elise Tempelhoff-toekenning vir Omgewingsbewaring en geregtigheid.

Op RSG se webblad word hieroor so berig: “In die motivering vir die toekenning, word gesê dat sy as ervare radioregisseur, omroeper en direkteur van Wordwise Media al jare lank ’n uitsonderlike toewyding toon om omgewingsbewustheid te bevorder”.

“’n Mens raak soms vuisvoos maar jy moet aandag gee,” hoor Kerkbode by Lizelle. Sy vertel ook van die praktiese, selfs pretmaniere, hoe sy omgewingsbewustheid deel van haar lewe maak en deel ’n paar van haar gunsteling groen stories.
2 Jun 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Kollig episode 56 | | Wie gee om vir die een wat omgee?

Onderwysers, maatskaplike werkers en predikante moet so opgelei word dat hulle weerbaar is vir trauma. “Ons moet hulle die toerusting gee om ’n veilige hawe te wees en nie self uit te brand nie.” Só sê die rektor van Hugenote Kollege, prof Retha Bloem. Sy vertel in hierdie episode van…
4 Mar 10 min