NG Gemeente Bloemfontein-Wes NG Gemeente Bloemfontein-Wes

NG Gemeente Bloemfontein-Wes

Bloemfontein-Wes is ‘n gemeente wat “Voluit vir Christus” leef. Atlete vir Christus.
Gelowiges word uit die Woord aangemoedig om die wedloop van die lewe met volharding te hardloop en seker te maak dat hulle die eindstreep haal en die hemelse prys ontvang. (1 Korintiërs 9: 24) Die gemeente is gestig op 24 Mei 1934 en ons is oortuig daarvan dat God ons juis in hierdie omgewing geplaas het om ‘n verskil te maak in die gemeenskap en ook in die lewens van ons lidmate. Ons streef daarna om ons lidmate toe te rus om die Liefdevolle en Almagtige God met ‘n soekende wêreld deel! ‘n Toegewyde leierskorps is voortdurend opsoek na die stem van God en Sy wil vir die gemeente. Die kerkraad is verantwoordelik vir die bestuur van die gemeente en om rentmeesters te wees van alles wat God aan ons toevertrou. Koinonia is vir ons van kardinale belang omdat dit ‘n opdrag van God is om as gemeenskap van gelowiges saam rondom Sy Woord bymekaar te kom. Sondae om 09:00 kuier die Westers-in-Aksie-groep (kategese) saam waar hulle geleer word wat dit is om as kind van God te leef, Sy stem te hoor en daagliks met Hom in gesprek te tree. Om 10:00 is dit tyd om as gemeente tydens die erediens saam te luister na God se Woord, Hom te loof en prys terwyl die Woord vir ons op ‘n verstaanbare manier oopgebreek word. Ons dank God vir elke dag wat ons in 'n verhouding met Hom en mede-gelowiges mag staan. Alle eer aan God!!
Weekly Afrikaans South Africa Religion & Spirituality
10 Episodes

NG Gemeente Bloemfontein-Wes

Ons deel met u die Erediens van die NG Kerk Bloemfontein-Wes op Sondag 17 Augustus 2025 gelei deur ds Johan David. Skriflesing: Genesis 1:26-31 en Genesis 3:1-6 Tema: Die waarde van ‘n gefrommelde R100
17 Aug 43 min

NG Gemeente Bloemfontein-Wes

Ons deel met u die Erediens van die NG Kerk Bloemfontein-Wes op Sondag 10 Augustus 2025 gelei deur ds Wouter van Velden. Skriflesing: 2 Konings 6:8-23 Tema: "Sien, nie sien nie, sien"
14 Aug 32 min

NG Gemeente Bloemfontein-Wes

Ons deel met u die Erediens van die NG Kerk Bloemfontein-Wes op Sondag 3 Augustus 2025 gelei deur ds Michael Rautenbach. Skriflesing: Kolossense 1: 12-29 Mag die week wat voorlê baie geseënd wees.
3 Aug 46 min

NG Gemeente Bloemfontein-Wes

Ons deel met u die Erediens van die NG Kerk Bloemfontein-Wes op Sondag 27 Julie 2025 gelei deur ds Johan David. Skriflesing: Rigters 1:1-4 Tema: Wie wag vir wie? Hoe weet ons wanneer om te wag en wanneer om te doen? Mag die week wat voorlê baie geseënd wees.
27 Jul 52 min

NG Kerk Bloemfontein-Wes Gemeente

Ons deel met u die Erediens van die NG Kerk Bloemfontein-Wes op Sondag 20 Julie 2025 gelei deur ds Johan David. Skriflesing: Eksodus 32:1-14 (2020 vertaling) Tema: Die geloofskrisis van "die verkeerde tyd”! Mag die week wat voorlê baie geseënd wees.
20 Jul 55 min

NG Kerk Bloemfontein-Wes Gemeente

Ons deel met u die Erediens van die NG Kerk Bloemfontein-Wes op Sondag 15 Junie 2025 gelei deur ds Johan David. Skriflesing: 2 Petrus 1:1-4 Tema: Hoeveel pitte is in ‘n appel? Hoeveel appels is in ‘n pit? Mag die week wat voorlê baie geseënd wees.
15 Jun 59 min

NG Kerk Bloemfontein-Wes Gemeente

Ons deel met u die Pinsternagmaalsdiens van die NG Kerk Bloemfontein-Wes op Sondag 8 Junie 2025 gelei deur ds Johan David. Skriflesing: Hebreërs 10:19-25 Pinksterreeks: ‘n Gemeente van Christus leef sy Christelike waardes Tema: Waarde van geloof, hoop en liefde Gaan dan nou en leef jou Christelike waardes uit deur…
8 Jun 59 min

NG Kerk Bloemfontein-Wes Gemeente

Ons deel met u die Erediens van die NG Kerk Bloemfontein-Wes op Woensdag 4 Junie 2025 gelei deur ds Johan David. Skriflesing: Handelinge 20:17-24 Pinksterreeks: ‘n Gemeente van Christus leef sy Christelike waardes Tema: Waarde van prioriteite Mag jy hierdie Pinkster die werking van die Heilige Gees tasbaar in jou…
6 Jun 42 min

NG Kerk Bloemfontein-Wes Gemeente

Ons deel met u die Erediens van die NG Kerk Bloemfontein-Wes op Maandag 2 Junie 2025 gelei deur ds Johan David. Skriflesing: Handelinge 6:1-7 Pinksterreeks: ‘n Gemeente van Christus leef sy Christelike waardes Tema: Waarde van geleenthede Mag jy hierdie Pinkster die werking van die Heilige Gees tasbaar in jou…
6 Jun 41 min

NG Gemeente Bloemfontein-Wes

Ons deel met u die Erediens van die NG Kerk Bloemfontein-Wes op Sondag 1 Junie 2025 gelei deur ds Johan David. Skriflesing: Handelinge 2:42-47 Pinksterreeks: ‘n Gemeente van Christus leef sy Christelike waardes Tema: Waarde van verbintenis Mag jy hierdie Pinkster die werking van die Heilige Gees tasbaar in jou…
1 Jun 57 min