NG Gemeente Bloemfontein-Wes

NG Gemeente Bloemfontein-Wes

Bloemfontein-Wes is ‘n gemeente wat “Voluit vir Christus” leef. Die gemeente is gestig op 24 Mei 1934 en ons is oortuig daarvan dat God ons juis in hierdie omgewing geplaas het om ‘n verskil te maak in die gemeenskap en ook in die lewens van ons lidmate. Ons streef daarna om ons lidmate toe te rus om die Liefdevolle en Almagtige God met ‘n soekende wêreld deel! ‘n Toegewyde leierskorps is voortdurend opsoek na die stem van God en Sy wil vir die gemeente. Die kerkraad is verantwoordelik vir die bestuur van die gemeente en om rentmeesters te wees van alles wat God aan ons toevertrou. Koinonia is vir ons van kardinale belang omdat dit ‘n opdrag van God is om as gemeenskap van gelowiges saam rondom Sy Woord bymekaar te kom. Sondae om 09:00 kuier die Westers-in-Aksie-groep (kategese) saam waar hulle geleer word wat dit is om as kind van God te leef, Sy stem te hoor en daagliks met Hom in gesprek te tree. Om 10:00 is dit tyd om as gemeente tydens die erediens saam te luister na God se Woord, Hom te loof en prys terwyl die Woord vir ons op ‘n verstaanbare manier oopgebreek word. Ons dank God vir elke dag wat ons in 'n verhouding met Hom en mede-gelowiges mag staan. Alle eer aan God!!
South Africa
1 Podcast shows

NG Gemeente Bloemfontein-Wes

Bloemfontein-Wes is ‘n gemeente wat “Voluit vir Christus” leef. Atlete vir Christus. Gelowiges word uit die Woord aangemoedig om die wedloop van die lewe met volharding te hardloop en seker te maak dat hulle die eindstreep haal en die hemelse prys ontvang. (1 Korintiërs 9: 24) Die gemeente is gestig…
15 Jun 8 episodes Afrikaans Religion & Spirituality