BAASRAAK RADIO “Brultyd – Waar die brul van God se kinders weerklink!”

“Brultyd – Waar die brul van God se kinders weerklink!”

Brultyd – Maandae, Woensdae & Vrydae | 06:00 | Baasraak TV YouTube Kanaal

Dis Brultyd – ’n oggend-aanroep tot geestelike ontwaking!

In ’n wêreld waar die vyand brul soos ’n leeu, is dit tyd dat God se kinders weer hulle eie brul vind. Elke Maandag, Woensdag en Vrydag om 06:00 nooi ons jou om deel te wees van die Leeutrop van God, waar Jesus Christus – die Leeu uit die stam van Juda – ons Leier is.

Ons deel kragtige Woordboodskappe van verskeie predikers en sprekers om jou siel te versterk, jou geloof aan te wakker, en die geestelike brul in jou hart weer los te maak. Begin jou dag met vuur, geloof en fokus.

👉 Sluit aan. Brul saam. Word wakker vir oorlog. Dis Brultyd!
Weekly Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity
22 Episodes
1 – 20

Geestelike Oorlogvoering: Die Stryd wat Jy Nie Kan Sien Nie

Is daar ’n oorlog aan die gang wat ons nie kan sien nie? In hierdie eerste episode van Brultyd se nuwe reeks oor Geestelike Oorlogvoering kyk ons na twee belangrike vrae: Wat is geestelike oorlogvoering? En wie is ons werklike vyand? Baie mense dink hul grootste gevegte is teen mense,…
17 Mar 1 hr 39 min

R100 Entrepreneur: Die Laaste Twee Waarhede van Entrepreneurskap

In hierdie episode van R100 Entrepreneur sluit ons die reeks af oor Patrick Bet-David se 15 punte oor entrepreneurskap. Vandag bespreek ons die laaste twee punte: 👉 Punt 14 – Jy het nie ’n probleem om op te los nie 👉 Punt 15 – Jy kan nie hanteer om soms…
10 Mar 1 hr 11 min

As Jou Lewensmaat Nie Agter Jou Staan Nie… Wat Dan?

In hierdie episode van R100 Entrepreneur bespreek ons Punt 13 van Patrick Bet-David se 15 punte: 👉 “As jou lewensmaat nie agter jou staan nie.” Entrepreneurskap toets nie net jou dissipline en strategie nie — dit toets jou huwelik. Onseker inkomste. Lang ure. Risiko besluite. Emosionele druk. Wat gebeur as…
10 Mar 1 hr 19 min

"Burnout" Die Stil Moordenaar van Entrepreneurs

Vandag het ons eerlik gesels oor die stil gevaar van uitbranding — veral onder entrepreneurs en leiers. Pastoor Peter Warne het oop en eerlik gedeel hoe hy ná 40 jaar in die bediening uitgebrand het. Nie omdat hy nie geroep was nie. Nie omdat hy nie lief was vir God…
10 Mar 1 hr 08 min

Is Jy Gebou om Nommer Een te Wees? | R100 Entrepreneur

“Baie mense wil ’n besigheid hê… maar min mense wil nommer een wees. Want nommer een beteken jy kan nie wegkruip nie. As dinge verkeerd loop — is dit op jou. Vandag praat ons oor twee harde waarhede van entrepreneurskap: Kan jy voor loop? En kan jy hanteer dat alles…
10 Mar 55 min

Entrepreneurskap: Roeping of Romantiese Droom?

Is entrepreneurskap rêrig vir jou – of hou jy net van die idee daarvan? In hierdie R100 Entrepreneur-episode kyk ons eerlik na 15 redes hoekom entrepreneurskap nie vir almal is nie. Entrepreneurskap is nie ’n vinnige pad na rykdom nie, en dis beslis nie maklik nie. Dis verantwoordelikheid, risiko, alleen…
26 Jan 1 hr 08 min

Wat se die Bybel van besigheid

In hierdie Brultyd-episode van die R100 Entrepreneur-reeks gesels Coach Freek en die paneel oor God se hart vir werk, vrug en vermeerdering. Ons kyk na: Johannes 15 – God verwag vrug Matteus 25 – Die gelykenis van die talente Genesis – Adam se roeping om die aarde te bewerk Spreuke…
22 Jan 1 hr 13 min

Begin jou eie besigheid met 'n "HONDERD RAND" | Brultyd

Wat sou jy doen as R100 al is wat jy oorhet? Sal jy dit bêre, spandeer, of saai? In hierdie episode van Brultyd begin ons ‘n nuwe reeks: Die R100 Entrepreneur — waar ons praat oor geloof, werk, kreatiwiteit en Koninkryksbeginsels vir besigheid. Ons kyk na: • Hoe God na…
21 Jan 1 hr 15 min

Watter geveg MOET jy in 2026 aanpak? | Brultyd

n hierdie Brultyd-episode gesels Coach Freek en die paneel oor ’n belangrike beginsel vir 2026: Kies jou gevegte wys. Baie manne is moeg, gefrustreerd en uitgebrand – nie omdat hulle swak is nie, maar omdat hulle hul energie mors op gevegte wat God nooit bedoel het hulle moet baklei nie…
21 Jan 1 hr 15 min

Hoekom mans so bang is om te faal — en wat God daaroor sê | Brultyd

n hierdie Brultyd-boodskap duik ons diep in een van die grootste strydvelde in ’n man se lewe: die vrees om te faal. Baie mans dra die druk om altyd sterk, suksesvol en onbreekbaar te wees — maar God roep ons om nie prestasie-gedrewe nie, maar Christus-gedefinieerd te leef. ✅ Hoekom…
21 Jan 1 hr 36 min

Hoe ek my brul verloor het en dit weer terug gekry het | Brultyd

👉 Moenie hierdie inspirerende episode misloop nie. Luister, deel dit met ’n vriend, en laat weet wat jy dink in die kommentaar. 📌 Ondersteun ons bediening: www.baasraak.tv/ondersteun-ons 🌿 Tala Health & Wellness – Trots Borg van Baasraak TV! Ons met groot dankbaarheid aankondig dat Tala Health & Wellness vir die…
21 Jan 1 hr 09 min

Die krag van en bevryding deur Goddelike Regsake | Brultyd

In vandag se Brultyd-boodskap het ons diep ingegaan op die tema: “Die krag van en bevryding deur Goddelike Regsake.” Boeta Johan van der Westhuizen het met eerlikheid en groot nederigheid sy getuienis gedeel — ’n getuienis van pyn, hoop, geloof, en uiteindelike vrymaking toe hy besluit het om sy regsaak…
21 Jan 1 hr 10 min

Hoe vinnig herstel jy ná ’n terugslag? | Brultyd

Toe Dawid by Siklag aankom in 1 Samuel 30, het hy een van die grootste terugslae van sy lewe beleef — alles was afgebrand, sy mense was weggevoer, en sy manne wou hom selfs stenig. Maar Dawid het iets gedoen wat ons almal moet leer: ✨ Hy het homself versterk…
21 Jan 1 hr 14 min

’n Hemelse CV | Wat soek God in ’n man se lewe? | Brultyd

s God vandag iemand soek om 2de in bevel in die hemel te wees — wat sal op jou hemelse CV staan? By Brultyd vanoggend vra Coach Freek en die manne: Wat waardeer God regtig in ’n man? Wat maak dat God jou kan gebruik? Watter “ervaring” op jou CV…
21 Jan 1 hr 01 min

Bybelse Beginsels vir Besigheid – Met Leon de Villiers

In hierdie kragtige Brultyd-episode sit ons weer saam met Leon de Villiers, ’n Business Coach met ’n passie vir koninkryk besigheid. Die vorige opname se beeldkwaliteit was nie na wense nie, en daarom het ons dit oor gedoen sodat jy die volle impak van die boodskap kan ervaar. Leon deel…
16 Sep 2025 1 hr 27 min

“Vergifnis: Geen sonde is te groot vir God” - Ps Andre Venter

In vandag se Brultyd-episode hoor ons ’n aangrypende boodskap oor vergifnis wat Pastoor Andre Venter ’n paar jaar gelede by die Manne van die Woord in Pretoria-Oos gebring het. Hy herinner ons dat daar niks is wat jy ooit gedoen het, of wat iemand aan jou gedoen het, wat te…
16 Sep 2025 38 min

"Dit het tyd geword dat jy besef op watter plek jy is" | Maggie Williams

👉 Moenie hierdie inspirerende Brul-Boodskap misloop nie. Kyk en luister, deel dit met ’n vriend, en laat weet wat jy dink in die kommentaar. Ondersteun die Baasraak TV Finansieel: https://pay.yoco.com/Baasraak-Donate 🙌 Teken in op die kanaal vir meer lewensveranderende verhale. Besoek ons webtuiste om na Baasraak TV te kyk of…
16 Sep 2025 43 min

Van Rugbesering tot Bergtop! - Berrie Geldenhuys | Brultyd

In hierdie inspirerende episode van Brultyd hoor ons die kragtige getuienis van Berrie Geldenhuys, ’n toegewyde beampte by die Mosselbaai Jeugsentrum en ’n man van geloof. Vanaf sy hoërskooldae was Berrie ’n passievolle bergklimmer — tot ’n ernstige rugbesering daardie droom in duie laat stort het. Dokters het gewaarsku dat…
10 Aug 2025 41 min

“Ek Was in die Hel! | Getuienis van Andries Venter | Brultyd

In hierdie kragtige Brultyd-uitsending deel ons die aangrypende getuienis van Andries Venter – ’n man wat diep in satanisme vasgevang was en homself fisies in die hel bevind het. Hierdie getuienis, opgeneem tydens een van ons manne-ontbyte in 2007, wys hoe geen mens te ver verlore is vir God se…
1 Aug 2025 47 min
1 – 20