GROOTfm 90.5 Mid-oggend met Sarina

Mid-oggend met Sarina

Mid-oggend is jou daaglikse dosis lag, lekker gesels en lieflike musiek – Maandag tot Vrydag van 09:00 tot 12:00. Sarina bring haar warm persoonlikheid, skerp humorsin en ’n bietjie sprankel om jou dag op te kikker. Ons deel belangrike en interessante nuusberigte, en bring ’n gesellige atmosfeer waar jy tuis voel.
Daily Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness
29 Episodes
20 – 29

Ruimteweek - Die son

Dis Ruimteweek van 4-10 Oktober! Dr. Ruhann Steyn, Sterretoe ruimtefisikus sluit daagliks by ons aan met kort interessante brokkies oor die ruimte. Vandag kyk ons na die middelpunt van ons sonnestelsel - die son.
6 Oct 6AM 4 min

Snoete-goete: Wêreld Hondsdolheidsdag

28 September is Wêreldhondsdolheidsdag. Carli du Plessis is ’n sesjarige wat op 17 Julie 2017 aan hondsdolheid oorlede is. Werna Venter, verteenwoordiger van die Carli Rooivlagbewusmakingsveldtog teen hondsdolheid gesels oordie projek, wat deur Carli se familie en ander betrokkenes begin is om inligting oor dié dodelike siekte te versprei en…
6 Oct 2AM 5 min

VERSKILMAKERS: Cameleon Hope en Irene Homes

Christiaan Jooste en Stephan Venter van Cameleon Hope en Anna-Louise Olivier, CEO van Irene Homes het by Sarina aangesluit om meer te vertel van die werk waarmee hul besig is en hoe hul daagliks 'n verskil maak in talle mense se lewens.
6 Oct 2AM 9 min

Disleksiebewusmakingsmaand - Dirk van Zyl-Smit

Oktober is disleksiebewusmakingsmaand. Dirk Smit is ’n vermoënde sakeman wat al deur die meul van die lewe gegaan het en al op skool met disleksie gediagnoseer is. Hy gee praktiese wenke oor hoe om met disleksie saam te leef en bring hoop met sy lewensverhaal en suksesstorie.
1 Oct 6AM 15 min

Dok, is dit normaal om heeltyd te wil slaap?

Elke Dinsdag klop Sarina aan by gesondheidskenners om jou kwelvrae te beantwoord. Ons het die vraag gekry, "Dok, is dit normaal om heeltyd te wil slaap?" en geestesgesondheidskenner, Dr Jacques Botes gee sy kennersmening.
23 Sep 4AM 4 min

Meters word KILOmeters

Riaan Theron hou niks van draf nie, maar hy het homself uitgedaag om te oefen om 'n halfmarathon te voltooi deur elke week net 400m verder te hardloop. Sarina het met hom gesels oor sy belewenis tot dusver en hy daag JOU uit om ook 400m te beweeg.
17 Sep 6AM 11 min

Marissa Verheij gesels oor haar nuwe lied, The Lord's Prayer

In haar nuutste vrystelling neem Marissa luisteraars op ’n besonderse geestelike reis met die kragtige woorde van die Onse Vader. Hierdie lied is nie net musiek nie, dit is ’n gebed wat met siel en hart gesing word... ’n uitnodiging om saam stil te word en God se teenwoordigheid te…
15 Sep 6AM 10 min

Carike Keuzenkamp se Hoeka Toeka word afgestof

Na 47 jaar word daar nuwe lewe in Carike Keuzenkamp se tydlose treffer “Hoeka Toeka” geblaas, met ‘n Sensasie Remix. "Tannie" Carike het met Sarina gesels oor haar indrukke van die nuwe weergawe.
9 Sep 7AM 7 min

Huweliksweek - Gretha Wiid

Verhoudingskenner en spreker, Gretha Wiid kom gesels oor Huweliksweek. Ons praat oor maniere om jou huwelik te vier en te versterk en hoe 'n mens meer geduldig met jou maat kan wees.
2 Sep 6AM 32 min
20 – 29