GROOTfm 90.5 Mid-oggend met Sarina

Mid-oggend met Sarina

Mid-oggend is jou daaglikse dosis lag, lekker gesels en lieflike musiek – Maandag tot Vrydag van 09:00 tot 12:00. Sarina bring haar warm persoonlikheid, skerp humorsin en ’n bietjie sprankel om jou dag op te kikker. Ons deel belangrike en interessante nuusberigte, en bring ’n gesellige atmosfeer waar jy tuis voel.
Daily Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness
29 Episodes
1 – 20

FEDSAS oor skoleplasings

Terwyl ouers in Pretoria en omliggende gebiede nog wag om te hoor by watter skole hul kinders volgende jaar geplaas gaan word, blyk dit dat die plasingstelsel in Gauteng onder groot druk is. Die frustrasie van ouers en skole neem toe, en bedrieërs gebruik die onsekerheid om voordeel te trek…
5 Nov 5AM 16 min

CRPS bewusmaking - Christelle de Beer draf 1000 dae agtereenvolgens

November is CRPS bewusmakingsmaand. Dit staan vir "complex regional pain syndrome". Christelle de Beer se voetbrug het in 2020 platgeval en dit was die begin van 'n lang en pynlike reis tot sy uiteindelik met CRPS gediagnoseer is. Sy het elke dag van haar lewe pyn. Tog laat sy nie…
3 Nov 5AM 12 min

GEE-week: Moeggesukkel & SA Cares

#MidOggend met Sarina se gesprek gee vir ons daardie HOOPstoot wat mens nodig het om aan te hou GEE. Sarina gesels met Jacques Papenfus, stigter van Moeggesukkel, Sanet Fagan, besturende direkteur van SA Cares for Life, en Liaune en Surisa van Atterbury Trust. Jacques het gedeel hoe Moeggesukkel ’n toevlug…
30 Oct 2AM 31 min

GEE-week: Charonike gebed

Nadat die Mid-Oggend span daarin kon slaag om met behulp van gehoorsame en getroue luisteraars R100 000 in te samel, het Charonike almal in trane gehad met haar hartroerende dankgebed. Luister gerus en bid saam.
30 Oct 2AM 1 min

GEE-week: Atterbury Trust rentevrye studiebeurslenings

#MidOggend met Sarina het met drie ongelooflike vroue gesels wat bewys dat drome werklik waar kan word – danksy die Atterbury Trust Rentevrye Studiebeursleningsinisiatief. 💫 Jacomien Rousseau het haar inspirerende storie gedeel – van beursstudent tot suksesvolle Geoktrooieerde Rekenmeester (CA). Sy is een van die eerste in haar familie met…
27 Oct 8AM 18 min

Snoete-goete: Hitte-uitputting in troeteldiere

Dis somer en die temperature styg — maar dit beteken ook ons troeteldiere loop ’n groter risiko vir hitte-uitputting. Ons het met Dr. Bianca van Zyl van Garsfontein Veterinary Clinic gesels oor hoe om jou hond of kat veilig en koel te hou in hierdie warm maande.
24 Oct 6AM 10 min

VERSKILMAKERS: U-Turn

Haweloosheid is kompleks en raak ons almal, maar in die hart van Pretoria is daar nou uitkomkans. U-Turn Pretoria se terapeuties-gebaseerde vier-fase program bied stap vir stap hoop. Dit sluit in hulp met basiese behoeftes, rehabilitasie, terapie, werksgereedheid en vaardigheidsontwikkeling. Met ’n 85% langtermyn sukseskoers oor meer as 25 jaar,…
24 Oct 6AM 11 min

Geestesgesondheidsmaand - Dr Melané van Zyl

Oktober is Geestesgesondheidsmaand, en nuwe statistiek oor selfdood onder Suid-Afrika se eerstelynwerkers is ontstellend. Gemiddeld neem een lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens elke week hul eie lewe. In die afgelope jaar alleen was daar 54 sulke gevalle — en meer as 300 oor die afgelope sewe jaar. Volgens die Suid-Afrikaanse…
22 Oct 6AM 7 min

Aktualiteit: Privaat universiteite kan binnekort formeel erken word

Met die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding se goedkeuring van die nuwe beleid wat privaat universiteite in Suid-Afrika formeel erken, breek ’n heel nuwe era vir tersiêre onderwys aan. Akademia, as een van die land se voorste privaat hoëronderwysinstellings, staan bekend as ’n instelling wat reeds jare lank akademiese…
22 Oct 5AM 8 min

Snoete-goete: Blood Lions

’n Nuwe studie deur Blood Lions en World Animal Protection wys duidelik: Daar is geen bewys dat aanhouding en teel van leeus in Suid-Afrika enige behoudsvoordele bied nie — inteendeel, dit kan die vraag na leeu-produkte en onwettige handel aanwakker. Met sowat 8 000 leeus in byna 350 aanhou- en…
21 Oct 5AM 8 min

Nasionale Voedingsweek - Natascha Olivier

Nasionale Voedingsweek word jaarliks vanaf 9-15 Oktober gehuldig. Hierdie jaar se tema is “Food for health, health for all” = “voedsel vir gesondheid, gesondheid vir almal”. Dieetkundige, Natascha Olivier het by Sarina aangesluit om te gesels oor praktiese maniere om meer gesonde kosse in jou dieët in te werk en…
16 Oct 6AM 18 min

VERSKILMAKERS: Garments of Grace

Garments of Grace is ’n liefdeprojek wat uit ’n moeilike seisoen en God se opdrag gebore is. Deur die insameling en verspreiding van tweedehandse (pre-loved) klere, skryfbehoeftes en ander items, bring Jolandie en haar span hoop, waardigheid en warmte aan gesinne en organisasies in nood. Selfs uit gebrokenheid wys hierdie…
16 Oct 6AM 8 min

Skole-aansoeke: is die syfers akkuraat?

Die Gautengse Departement van Onderwys het onlangs bekend gemaak dat 820 350 aanlyn aansoeke vir gr. 1- en gr. 8-plek ontvang is, maar net 358 574 van hierdie aansoeke was uniek. Sekere skole, soos Hoërskool Akasia en Hoërskool Langenhoven, het aansienlik meer aansoeke ontvang as waarvoor plek beskikbaar is. Solidariteit…
16 Oct 6AM 8 min

Swangerskap-en-babaverlies: Jeanette Coetzee deel haar storie

Oktober is Swangerskap- en baba-verlies-bewusmakingsmaand – ’n tyd waarin ons stilstaan by die duisende gesinne wat elke jaar verlies beleef, en ’n tyd om die kleintjies te onthou wat nie meer by ons is nie. Jeanette Coetzee het haar storie met ons deel. Die Lilybet-groep bied op 25 Oktober 'n…
10 Oct 6AM 22 min

Ruimteweek - Die raaisel van wurmtonnels

Dis Ruimteweek van 4-10 Oktober! Dr. Ruhann Steyn, Sterretoe ruimtefisikus sluit daagliks by ons aan met kort interessante brokkies oor die ruimte. Vandag kyk ons na wat 'n wurmtonnel is en wat dit in die toekoms moontlik vir tydreise of "time travelling" kan beteken.
9 Oct 6AM 3 min

Borskankermaand - Rooibos kan help!

Met Oktober as Borskankerbewusmakingsmaand, is dit ’n tyd om weer ernstig stil te staan by die siekte wat jaarliks duisende Suid-Afrikaanse vroue raak. Vroeë opsporing kan oor lewe en dood besluit, maar gereelde selfondersoeke en mammogramme word steeds te min gedoen. Iemand wat aan die voorpunt van plaaslike navorsing staan,…
9 Oct 6AM 4 min

VERSKILMAKERS: Strive-4-Sight

Die dames van Strive-4-Sight het vandag, op wêreld sigdag, by Sarina aangesluit om te gesels oor die verskil wat die organisasie maak om kinders met sigprobleme te help en by te staan.
9 Oct 5AM 10 min

Ruimteweek - Waarom is Pluto nie meer 'n planeet nie?

Dis Ruimteweek van 4-10 Oktober! Dr. Ruhann Steyn, Sterretoe ruimtefisikus sluit daagliks by ons aan met kort interessante brokkies oor die ruimte. Vandag kyk ons na waarom Pluto nie meer as 'n planeet geklassifseer word nie.
8 Oct 6AM 3 min

AAMP - Meesterplan sonder die boere

Terwyl die regering se Landbou- en Landbouverwerkingsmeesterplan (AAMP) vanjaar in Stellenbosch geëvalueer word, voel verskeie landbou-organisasies uitgesluit — onder andere Saai, WRSA en ander wat reeds in 2022 kritiek gelewer het op die plan. Volgens Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, is die AAMP besig om sy doel te…
8 Oct 5AM 6 min

Ruimteweek - Ruimteweer

Dis Ruimteweek van 4-10 Oktober! Dr. Ruhann Steyn, Sterretoe ruimtefisikus sluit daagliks by ons aan met kort interessante brokkies oor die ruimte. Vandag kyk ons na ruimteweer en die impak wat dit selfs op iets soos jou GPS kan hê.
7 Oct 6AM 5 min
1 – 20