
Helikopterouerskap - Dr Wietske Boon
Loading player...
Ons wil almal ons kinders beskerm, hulle gelukkig sien en keer dat hulle seerkry. Maar wanneer ons as ouers elke struikelblok uit hul pad verwyder, elke probleem namens hulle oplos en selfs die kleinste verantwoordelikhede oorneem, help ons hulle dalk nie soveel as wat ons dink nie. Maar waar lê die fyn lyn tussen goeie ouerskap en oorbeskerming? En hoe raak dit ’n kind se selfvertroue, onafhanklikheid en emosionele ontwikkeling? Ons gesels met spelterapeut en vroeekinderontwikkelingskenner dr. Wietske Boon.

