
VERSKILMAKERS: PopUp
Loading player...
Werkloosheid is veel meer as net ’n gebrek aan ’n inkomste – dit kan ook ’n mens se selfvertroue, waardigheid en hoop steel. Maar wat gebeur wanneer iemand nie net ’n vaardigheid aangeleer word nie, maar ook weer begin glo in sy of haar eie potensiaal? POPUP is sedert 2005 ’n vaardigheidsontwikkelingsentrum wat deur praktiese opleiding en persoonlike ontwikkeling mense help om hulself te bemagtig, werk te vind of hul eie ondernemings te begin. Sarina gesels met Marina de Wet oor hoe POPUP lewens verander en hoop herstel.

