
SA een van die lande wat die meeste Bybel lees!
Loading player...
YouVersion, die skepper van die wêreld se gewildste Bybeltoepassing, het vroeër vanjaar ’n plaaslike spilpunt in Suid-Afrika gevestig om Bybelbetrokkenheid in Afrika verder uit te brei. Met meer as 30 miljoen downloads van YouVersion se Bybeltoepassings in Suid-Afrika, tel ons land onder die top vyf lande ter wêreld wat daaglikse betrokkenheid betref. Die toepassing bied toegang tot God se Woord in meer as 2 400 tale. Mari Joubert, vennootskapsbestuurder vir YouVersion Suid-Afrika, sluit by ons aan om meer te vertel oor hierdie groei en hoe tegnologie mense help om die Bybel in hul eie taal te ontdek.

