
ABC van Ouerskap: X - (e)X-familie
Loading player...
Gesinne lyk vandag nie meer almal dieselfde nie. Wanneer ouers uit vorige verhoudings nuwe lewens saam begin, ontstaan daar saamgestelde gesinne – met nuwe rolle, verhoudings, verwagtinge en soms ook heelwat emosies. Hoe bou ’n mens ’n nuwe gesin sonder om bestaande bande te benadeel? En hoe sorg jy dat elke kind steeds veilig, geliefd en belangrik voel? Ons gesels oor die uitdagings én die mooi van saamgestelde gesinne. Sarina gesels met Elsje du Plessis-Basson, lewensafrigter van Re-Mind coaching, spesifiek gefokus op hersaamgestelde

