Ligspore

Ligspore is 'n plek waar stories gloei, getuienisse rigting gee en lig sy pad vind deur gewone mense se lewens. Hier gesels ons met stemme uit die gemeenskap - mense wat lig dra, lig soek en lig agterlaat. Mag hierdie stories jou herinner: God se lig is altyd aan die beweeg. Luister saam en kom los jou eie spore van lig.
Weekly Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity
3 Episodes

Orrels en orreliste - Dr Isabelle van Rensburg, voorsitter van SAKOV

“Daar’s definitief ’n toekoms vir orrel … SAKOV probeer saam ’n toekoms vir orreliste in SA te verseker.” So vertel dr. Isabelle van Rensburg, voorsitter van SAKOV – die Suider-Afrikaanse Kerk- en konserteorrelistevereniging. Dit is vir haar ’n voorreg om gemeentes deur musiek in kontak met hulle Skepper te bring…
29 Jan 16 min

Ep. 2 - Outisme en die kerk : ’n Gesprek met Daantjie Badenhorst

Baie mense ken Daantjie Badenhorst as Daantjie Dinamiet, kampioen van TV-reekse soos Noot vir Noot en Flinkdink. Hy het Aspergersindroom, ’n vorm van outisme. Annabelle Lombard gesels hom, ’n jarelange betrokke lidmaat by die Skuilkrans NG Gemeente in Pretoria, oor outisme en die rol van die kerk as ’n tuiste…
4 Nov 2025 19 min