Orrels en orreliste - Dr Isabelle van Rensburg, voorsitter van SAKOV

Loading player...
“Daar’s definitief ’n toekoms vir orrel … SAKOV probeer saam ’n toekoms vir orreliste in SA te verseker.” So vertel dr. Isabelle van Rensburg, voorsitter van SAKOV – die Suider-Afrikaanse Kerk- en konserteorrelistevereniging. Dit is vir haar ’n voorreg om gemeentes deur musiek in kontak met hulle Skepper te bring. Annabelle Lombard het met hierdie vereniging se nuutverkose hoof gesels en onder andere meer gehoor oor SAKOV se konservatorium vir kerkmusiek, musiekbeurse ook vir kerkorreliste en hulle nuwe rol by die Andrew Murray-toekenning vir Orrel en Kerkmusiek.
29 Jan Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Ep. 2 - Outisme en die kerk : ’n Gesprek met Daantjie Badenhorst

Baie mense ken Daantjie Badenhorst as Daantjie Dinamiet, kampioen van TV-reekse soos Noot vir Noot en Flinkdink. Hy het Aspergersindroom, ’n vorm van outisme. Annabelle Lombard gesels hom, ’n jarelange betrokke lidmaat by die Skuilkrans NG Gemeente in Pretoria, oor outisme en die rol van die kerk as ’n tuiste…
4 Nov 2025 19 min