“Goeie opbrengs met goeie pryse” – NWK

Loading player...
Dit is ’n unieke jaar in terme van oesinsameling; graan is ongeveer ’n maand tot ’n maand-en-’n-half vroeër oesgereed en die tempo waarteen graan ontvang is, was ook baie vinniger as vorige jare.

Dis aldus Nico Pieterse, Senior Bestuurder Graan by NWK, wat verder meld dat ongeveer 90% van die sonneblomoes reeds gelewer is met bykans alle sojaboon wat ook gestroop is. Vyf-sewentig persent mielies is reeds by die silo’s gelewer.

OFM Inhoudsredakteur, Elzette Boucher-Krüger het met Pieterse gesels oor die verloop van die leweringseisoen.

Luister na die potgooi onder.

NWK tree hoofsaaklik op as graanhandelaar in Noordwes. Graanverhandeling spesialiseer in die verhandeling van wit- en geelmielies, sonneblom, koring, sojabone, sorghum en droëbone. Graan word van graanprodusente aangekoop deur middel van ’n verskeidenheid doelmatige kontrakte en/of skemas. Die aangekoopte graan word as verhandelbare voorraad gedra totdat dit aan ander handelaars of verwerkers verkoop word.

‘n Verskeidenheid verkoopkontrakte word aan graankopers beskikbaar gestel op ‘n ex-silo of Milldoor-basis. NWK Logistics speel 'n belangrike rol in die vervoer van graan vanaf die plase na silo's en verwerkers.

Die graan word deur NWK Silodienste ontvang, hanteer, geberg en versend. Ten einde die risiko van prysverandering te bestuur, word voorraad en kontrakte deur middel van termynkontrakte op die JSE verskans. Vir dié doel is NWK 'n lid van die JSE se landboukommoditeite-beurs.



Die graanindustrie en -mark is ’n dinamiese omgewing en Graanverhandeling bied omvattende toegang tot die mark en markinligting aan produsente ten einde hul volhoubaarheid te verseker. Kommunikasie word deur ‘n verskeidenheid platforms bestuur wat onder andere persoonlike kontak, sagtewaretoepassings en multimedia insluit.

NWK besit 36 graansilo’s in Noordwes wat dit vir produsente gerieflik maak om die aflewering, opberging en bemarking van hul graan by een plek te doen. NWK fasiliteer ’n verskeidenheid graankontrak
8 Jul 2021 12PM English South Africa Business · Daily News

Other recent episodes

Navigating labour law compliance with Labournet

Staying on top of South Africa’s evolving labour legislation and the many compliance requirements that come with it, can be a challenge for business owners. Fortunately, expert guidance is available. Stephné Louwrens, Labour Law Manager at Labournet, joins the OFM Business Hour to unpack some of the latest labour law…
10 Mar 1AM 6 min

What to expect when the labour inspector comes knocking

What should you expect when the Department of Employment and Labour conducts health and safety inspections? Jamie-Lee Basson, Health and Safety Manager at Labournet, joins the OFM Business Hour to unpack the inspection process and explain the potential consequences businesses face if they fail to comply.
5 Mar 10PM 4 min