“Goeie opbrengs met goeie pryse” – NWK

Loading player...
Dit is ’n unieke jaar in terme van oesinsameling; graan is ongeveer ’n maand tot ’n maand-en-’n-half vroeër oesgereed en die tempo waarteen graan ontvang is, was ook baie vinniger as vorige jare.

Dis aldus Nico Pieterse, Senior Bestuurder Graan by NWK, wat verder meld dat ongeveer 90% van die sonneblomoes reeds gelewer is met bykans alle sojaboon wat ook gestroop is. Vyf-sewentig persent mielies is reeds by die silo’s gelewer.

OFM Inhoudsredakteur, Elzette Boucher-Krüger het met Pieterse gesels oor die verloop van die leweringseisoen.

Luister na die potgooi onder.

NWK tree hoofsaaklik op as graanhandelaar in Noordwes. Graanverhandeling spesialiseer in die verhandeling van wit- en geelmielies, sonneblom, koring, sojabone, sorghum en droëbone. Graan word van graanprodusente aangekoop deur middel van ’n verskeidenheid doelmatige kontrakte en/of skemas. Die aangekoopte graan word as verhandelbare voorraad gedra totdat dit aan ander handelaars of verwerkers verkoop word.

‘n Verskeidenheid verkoopkontrakte word aan graankopers beskikbaar gestel op ‘n ex-silo of Milldoor-basis. NWK Logistics speel 'n belangrike rol in die vervoer van graan vanaf die plase na silo's en verwerkers.

Die graan word deur NWK Silodienste ontvang, hanteer, geberg en versend. Ten einde die risiko van prysverandering te bestuur, word voorraad en kontrakte deur middel van termynkontrakte op die JSE verskans. Vir dié doel is NWK 'n lid van die JSE se landboukommoditeite-beurs.



Die graanindustrie en -mark is ’n dinamiese omgewing en Graanverhandeling bied omvattende toegang tot die mark en markinligting aan produsente ten einde hul volhoubaarheid te verseker. Kommunikasie word deur ‘n verskeidenheid platforms bestuur wat onder andere persoonlike kontak, sagtewaretoepassings en multimedia insluit.

NWK besit 36 graansilo’s in Noordwes wat dit vir produsente gerieflik maak om die aflewering, opberging en bemarking van hul graan by een plek te doen. NWK fasiliteer ’n verskeidenheid graankontrak
8 Jul 2021 12PM English South Africa Business · Daily News

Other recent episodes

Kreatiewe vernietiging: Waarom innovasie ’n sterk IP-strategie vereis

Kreatiewe vernietiging is die enjinkamer van ekonomiese groei, soos bewys deur die werk van die onlangse Nobelprys-wenners in Ekonomie, Joel Mokyr, Philippe Aghion en Peter Howitt. Tog, vir entrepreneurs en besigheidsleiers is dit noodsaaklik om ’n sterk intellektuele eiendom- en marktoegangstrategie te ontwikkel om te oorleef in ’n era waar…
30 Oct 4AM 8 min

Three Free State family farms featured in VIA’s Erfenis in die Grond

A new six-week episodic series on VIA delves into life beyond the farm gates for six multi-generational farming families. ‘Erfenis in die Grond’, presented by Peter Pentz from Groote Post, features six farming families, three of which are in the Free State as they share their experiences, challenges, and the…
30 Oct 4AM 4 min

Beleggings stroom na Harrismith, maar Afbakeningsraad bly struikelblok

Met beleggings van honderde miljoene rand wat hul pad na Harrismith vind, raak die behoefte al dringender vir ondernemings en inwoners om Maluti-A-Phofung se greep te ontkom. Volgens Ben Deysel, voorsitter van die Harrismith-Sakeforum, lê die dorp se aantrekkingskrag in sy ligging en sentrale posisie – en dit is waarom…
28 Oct 1PM 4 min

Unpacking Eskom’s ‘inconsistent’ stance on trader licences

Energy analyst Chris Yelland says Eskom’s latest moves opposing trader licences are less about protecting the grid and more about protecting its turf. But what does this mean for the country’s reform agenda, the new transmission company, and the independence of regulators? Yelland joins the OFM Business Hour to unpack…
24 Oct 6AM 9 min

The golden equation that will help you retire comfortably in South Africa

Planning for a financially secure retirement can feel like chasing a moving target, with inflation, market swings, and rising living costs all in play. However, it’s not impossible. André Tuck, Certified Financial Planner (CFP) and Team Leader: Retail Investments at 10X Investments, shares his 30+ years of financial expertise and…
23 Oct 2PM 5 min