
Murray Louw jnr gesels met Andrew Richards van ISF (Institute for Strategic Foresight)
Loading player...
Murray en Andrew gesels oor die werk van INcontext. Alhoewel Andrew as kind geinspireer is deur die stories van Broer Andrew van Geopende Deure het hy eers ’n ander paadjie gestap. Na skool het hy BCom Logistieke bestuur studeer en ’n loopbaan in die rigting begin, maar hy geweet die Here roep hom eintlik vir die sendingveld. Toe die Here vir hom sê om vir Mike Burnard te kontak, het hy nie geweet dat Mike pas by Geopende Deure bedank het nie, en dat die Here hulle twee sou lei om INcontext ministries te begin.