Nellie-atleet laat nasionale rekords spat

Loading player...
Juané le Roux, ‘n gr. 8-atleet van Hoërskool Nelspruit, het Saterdag tydens ‘n atletiekbyeenkoms in Boksburg drie allemintige nuwe Suid-Afrikaanse rekords in die F46-klas vir dogters o/14 opgestel.
In hierdie klassifikasie het atlete ‘n enkele amputasie bo of onder die elmboog.
Juané het die gewigstoot-rekord verbeter van 2,4 m na 12,34 m. In skyfwerp verbeter sy die nasionale rekord van 8,4 m na 36,5 m en in spiesgooi is die nuwe beste afstand in die land in dié kategorie nou 22 m – op van 7,9 m.
Sy het saam met haar afrigter, DP Badenhorst, met Robin gesels oor haar toekomsdrome.
22 Sep 2021 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Calvary vier 40ste jaar

Calvary School vier eersdaags sy 40ste bestaansjaar. Die skoolhoof, Pierre Ellof, gesels saam met past. Steve Maritz en sy vrou Tannie Mursha met Laeveld Brunch.
28 Apr 16 min

Griekwas troef Pumas in SA Beker

Die Pumas het die naweek teen die Griekwas die knie gebuig in Kimberley, maar lê steeds tweede op die SA Beker-punteleer. Jimmy Stonehouse en Sam Sikiwe gesels met Sonop Ontbyt.
28 Apr 10 min