Makhonjwa moet saam bestuur word

Loading player...
Die private grondeienaars wat 74% van die Makhonjwa-Wêrelderfenisgebied besit, wil nie onttrek nie, maar dit lyk onvermydelik omdat daar nie by jarelange ooreenkomste oor die area se bestuur gehou word nie.
Nico Oosthuizen veruidelik vir Ludi hulle hoop nog om dit te kan red.
23 Sep 2021 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Laeveld brandseisoen sover vlot

Grondeienaars is besonders verantwoordelik vanjaar en berei fluks voor vir die brandseisoen. André Scheepers van Lefpa sê toestande is tans uiters gunstig om voorbrande te maak en ander voorbereidings te tref voor droë, winderige toestande later in die winter die brandgevaar aansienlik verhoog.
26 Jun 8 min

Mpumalanga NPO Ekspo op pad

Op Donderdag 9 Julie kom nie-winsgewende organisasies en sakeondernemings bymekaar om hande te neem om hul gemeenskappe beter te ondersteun. Shirley Khoza van Touch a Million gesels met ons oor die Mpumalanga NPO Ekspo.
26 Jun 9 min

Ondersteun Soli-Deo-Gloria Sorgsentrum in Lydenburg

'n Groep Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon het onlangs 'n veldtog geloods om die Soli-Deo-Gloria Sorgsentrum in Lydenburg te ondersteun. Gerda Venter vertel meer oor die 150 afhanklike mense na wie hulle tans omsien.
25 Jun 12 min

Tegnologie is 'n wonderlike ding in geveg teen misdaad

Sekuriteitsrolspelers berei voor vir enige onlus Dinsdag, die "sperdatum" wat die teen-immigrasiegroep March and March immigrante gegee het om die land te verlaat. Callum MacPherson van Securicon sê inwoners moenie bekommerd wees dat hulle in die duister gelaat sal word oor verwikkelinge nie. Hy gesels met Laeveld Brunch oor hoe…
25 Jun 18 min

Laeveld Blues-naweek skop vanaand af

'n Vier-dag Blues-naweek tref die Laeveld hierdie naweek met optredes deur top-kunstenaars vanaf Witrivier en Nelspruit tot in Kaapsehoop. Kitaarspeler Wiam Otto sal ook saam met Illimar 'n kitaarwerkswinkel aanbied. Hy kuier saam met Werner Botha van LiveVeld in die ateljee.
25 Jun 11 min