#DateaPuma: Herschelle Goodman

Loading player...
Valentynsdag kom vanjaar vroeg. Die 14de val op ‘n Maandag, so oor presies twee weke, 11 Februarie, vier die Pumas en Radio Laeveld dit saam.
Vyf hubare jong spelers, almal nuut in die Laeveld, het hul hande opgesteek om die dag op ‘n afspraak te gaan saam met ‘n Laeveldse nooi.
Vanoggend het ons die heelagter Herschelle Goodman (19) ontmoet. Luister hier om hom ‘n bietjie beter te leer ken.
As jy saam met hom op ‘n afspraak wil gaan, stuur vir ons ‘n stemnota na 061-496-4323 en vertel ons ook ‘n bietjie meer van jouself. Merk dit #DateaPuma en, wie weet, dalk is dit jy!
28 Jan 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Cake 4 CANSA eerste keer in Laeveld

Louise Liebenberg wou vir jare reeds iets doen vir KANSA om hul in hul goeie werk te ondersteun. Sy organiseer Cake 4 CANSA, wat hopelik 'n jaarlikse instelling sal word.
25 Aug 4 min

SANParke waarsku besoekers aan wildtuin oor reëls voor Parkeweek

SANParke se jaarlikse Parkeweek bied Suid-Afrikaners die week van 7 September gratis toegang tot reservate. Rey Thakhuli gesels met 100.5FM oor toeriste wat onlangs die park onregmatig betree het en besoekers wat op geslote paaie gestrand raak en gered moet word.
25 Aug 10 min

Pumas bly derde op Curriebeker-punteleer met een ronde oor

Die Griekwas bly steeds eerste op die Curriebeker-punteleer na hul 38-14 sege Vrydag oor die Airlink Pumas by Mbombela-stadion. Die Cheetahs wat ook 26 punte het is saam met die verdedigende kampioene reeds verseker van plekke in die halfeindronde. Hulle word gevolg deur die Pumas met 17 punte en die…
25 Aug 5 min