Eagles View ideale ligging vir RFL

Loading player...
Nelspruit Relay for Life (RFL) het vanjaar 'n nuwe tuiste. Dit vind op 9 April plaas by Eagles View Play Park op die Uitkyk-pad, ‘n ideale gesinsomgewing.
Jaco Potgieter, eienaar van Eagles View Play Park, sê hy het dadelik die perseel aangebied toe hy hoor KANSA Laeveld wil RFL vanjaar hervat.
Sy eie dogter is agt jaar gelede weens leukemia oorlede, en sou vandeesmaand 21 jaar oud geword het.
Hy het daarom ook gespring om die idee te laat realiseer dat nog ‘n nuwe tradisies by die Nelspruit RFL ingestel word: die aanbring van bankies waarop geliefdes se name aangebrign kan word in die natuurskone plek waar hulle onthou kan word.
8 Feb 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Cake 4 CANSA eerste keer in Laeveld

Louise Liebenberg wou vir jare reeds iets doen vir KANSA om hul in hul goeie werk te ondersteun. Sy organiseer Cake 4 CANSA, wat hopelik 'n jaarlikse instelling sal word.
25 Aug 4 min

SANParke waarsku besoekers aan wildtuin oor reëls voor Parkeweek

SANParke se jaarlikse Parkeweek bied Suid-Afrikaners die week van 7 September gratis toegang tot reservate. Rey Thakhuli gesels met 100.5FM oor toeriste wat onlangs die park onregmatig betree het en besoekers wat op geslote paaie gestrand raak en gered moet word.
25 Aug 10 min

Pumas bly derde op Curriebeker-punteleer met een ronde oor

Die Griekwas bly steeds eerste op die Curriebeker-punteleer na hul 38-14 sege Vrydag oor die Airlink Pumas by Mbombela-stadion. Die Cheetahs wat ook 26 punte het is saam met die verdedigende kampioene reeds verseker van plekke in die halfeindronde. Hulle word gevolg deur die Pumas met 17 punte en die…
25 Aug 5 min