Plaaslike mediese navorser in Ghana vereer

Loading player...
Die plaaslike wetenskaplike Eurika Mogane is die naweek met ‘n internasionale eretoekenning vereer by die Forty under 40 Afrika-toekennings.
Dit is in Ghana uitgeloof en Mogane het dit virtueel in ontvangs geneem.
Dit was vir die werk waarby sy betrokke was om kommunikasie oor Covid-19 aan die begin van die pandemie toeganklik en vryelik beskikbaar te maak.
Hoewel Mogane in haar mediese navorsingswerk hoofsaaklik op gentika fokus, sê sy dit is haar passie om ander te bemagtig deur beter toegang tot inligting, iets wat ook die Golden Key Erevereniging se aandag getrek het.
Sy vertel self meer van haar paadjie tot hier, en wat is volgende.
29 Mar 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Operasie verander Houdini se lewe

Houdini, 'n inwoner van die Rhino Sanctuary in Limpopo, het onlangs 'n baanbrekersoperasie ontvang. Arrie van Deventer gesels met 100.5FM oor die volgende een wat hulle beplan om hul renosters se lewenskwaliteit te verbeter.
31 May 14 min

Penryn beste in Mbombela

Penryn is verlede week by die Best of Mbombela-toekennings aangewys as die beste hoërskool en kleuterskool en was tweede in die kategorie vir laerskole. Die uitvoerende hoof, Michael Eisen, pre-primêre hoof Nicole Meyer en bemarkingsbestuurder Grace Mazibuko gesels met 100.5FM.
29 May 14 min

MOTHS sien om na ander

Die MOTHS sien om na mense wat in die leër gedien het, en nou hulp benodig. Roelf Faurie en Lemuel Vermaak van Mesca gesels met Kies Koers.
27 May 14 min