Wat is volgende vir Penryn swemster?

Loading player...
Penryn se Miela Banza het drie goue medaljes losgeswem by die onlangse Suid-Afrikaanse Nasionale Akwatiese Kampioenskappe.
Die 12-jarige het die 50 meter, 100 meter, en 200 meter borsslag vir meisies onder 13 gewen. Sy het ook die finaal gehaal in die 200 meter wisselslag.
Haar afrigter, Jasper Venter, sê Miela is dalk nog te jonk vir die Olimpiese Spele in 2024, maar hulle mik definitief vir deelname aan die Statebondspele in 2026.
Hulle het met Charles gesels.
20 Apr 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Operasie verander Houdini se lewe

Houdini, 'n inwoner van die Rhino Sanctuary in Limpopo, het onlangs 'n baanbrekersoperasie ontvang. Arrie van Deventer gesels met 100.5FM oor die volgende een wat hulle beplan om hul renosters se lewenskwaliteit te verbeter.
31 May 14 min

Penryn beste in Mbombela

Penryn is verlede week by die Best of Mbombela-toekennings aangewys as die beste hoërskool en kleuterskool en was tweede in die kategorie vir laerskole. Die uitvoerende hoof, Michael Eisen, pre-primêre hoof Nicole Meyer en bemarkingsbestuurder Grace Mazibuko gesels met 100.5FM.
29 May 14 min

MOTHS sien om na ander

Die MOTHS sien om na mense wat in die leër gedien het, en nou hulp benodig. Roelf Faurie en Lemuel Vermaak van Mesca gesels met Kies Koers.
27 May 14 min