Hemelvaart

Loading player...
Psalm 24
'n Psalm van Dawid.
Die aarde en alles wat daarop is,
die wêreld en dié wat daar woon,
alles behoort aan die Here,
want Hy het die fondamente daarvan in die see gelê
en dit stewig gevestig in die waters.
Wie mag die berg van die Here opgaan
en wie mag in sy heiligdom gaan staan?
Dié een wie se hande rein en wie se hart suiwer is,
wat alle bedrog vermy en geen vals eed aflê nie.
So iemand sal van die Here seën ontvang,
en God, sy redder, sal reg aan hom laat geskied.
Die mense wat na sy wil vra en Hom dien,
is die geslag van Jakob.
Sela
Verbly julle, poorte,
wees bly, eeue-oue deure,
want die magtige Koning wil ingaan!
Wie is hierdie magtige Koning?
Die Here, sterk en geweldig,
die Here, oorwinnaar in elke stryd.
Verbly julle, poorte,
wees bly, eeue-oue deure,
want die magtige Koning wil ingaan!
Wie is Hy, hierdie magtige Koning?
Die Here, die Almagtige,
Hy is die magtige Koning.
3 Jun 2022 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Die Reformasie / Hervorming

Braam Klopper, Sebastiaan van Dyk en Michelle van Tonder gesels vandag oor die tema: Die Reformasie / Hervorming
14 Nov 19 min

Sigbare tekens van geloof

Braam Klopper, Michelle van Tonder en Sebastiaan van Dyk gesels vandag oor die tema: die lewe van Gideon en sigbare tekens van geloof.
7 Nov 21 min

Ps 127: Work Sleep Family

In today's episode of Searching the Scriptures, Braam Klopper, Theo Groeneveld and Stewart Gordon discusses Psalm 127: Work Sleep Family
31 Oct 21 min

Ps 119 and the Great Commission

In today's episode of Searching the Scriptures, Braam Klopper, Stewart Gordon and Theo Groeneveld discusses the theme of Ps 119 and the Great Commission
24 Oct 20 min