SANParke verduidelik finale waarskuwings aan werknemers na luiperdvideo

Loading player...
SANParke het gister die uitslag van hul ondersoek bekendmaak na ‘n video waarin 'n man die luiperd slaan wat op 17 Julie in die Krugerwildtuin van kant gemaak is.
‘n Kontrakteur is geskors hangende die ondersoek. Volgens Ike Phaahla is vier van die nege mense wat betrek word SANParke se eie werknemers. Van hulle is drie veldwagters. Al vier het finale skriftelike waarskuwings ontvang.
Nog drie werk vir konsessies binne die wildtuin. Die persoon wat op die video die karkas slaan was ‘n besoeker.
28 Jul 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Gholfdag ten bate van Liznica

Liznica House of Hope versorg babas wat deur hul ma's verwerp is tot hulle in pleegsorg geplaas kan word. Die gholfdag ten hul bate is op 9 Mei in Witrivier. Die organiseerder, Yahne McDuling, vertel meer.
23 Apr 8 min

Winkel verwoes in brand in Onder Sabie

Na aanleiding van 'n brandvoorval wat vanoggend, 21 April , aangemeld is wat die kleinhandelwinkel by die Lower Sabie-ruskamp in die Krugerwildtuin raak, word gaste met besprekings by die kamp aangeraai om voorraad op te gaar voor aankoms of voorraad soos hout, ys, ens. by die ander kampe soos Skukuza,…
21 Apr 6 min