Die Laeveld JOC sê hulle sal deurnag beweging monitor voor beplande landwye stak

Loading player...
Die gesamentlike operasionele bevel van Laeveld sekuriteitsmaatskappye en ander rolspelers is op ‘n hoë vlak van gereedheid vir die beplande landwye staking môre. Die vakbonde Cosatu en Saftu het dit uitgeroep uit protes teen stygende lewenskoste. John Meintjes sê dit is onmoontlik om te voorspel presies hoe die Laeveld daardeur geraak sal word. Hy sê sekuriteitsmaatskappye sal vanaf middernag op strategiese plekke ontplooi word om beweging te monitor. Die JOC sal uurliks alle geverifieërde inligting met die publiek deel.
23 Aug 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Operasie verander Houdini se lewe

Houdini, 'n inwoner van die Rhino Sanctuary in Limpopo, het onlangs 'n baanbrekersoperasie ontvang. Arrie van Deventer gesels met 100.5FM oor die volgende een wat hulle beplan om hul renosters se lewenskwaliteit te verbeter.
31 May 14 min

Penryn beste in Mbombela

Penryn is verlede week by die Best of Mbombela-toekennings aangewys as die beste hoërskool en kleuterskool en was tweede in die kategorie vir laerskole. Die uitvoerende hoof, Michael Eisen, pre-primêre hoof Nicole Meyer en bemarkingsbestuurder Grace Mazibuko gesels met 100.5FM.
29 May 14 min

MOTHS sien om na ander

Die MOTHS sien om na mense wat in die leër gedien het, en nou hulp benodig. Roelf Faurie en Lemuel Vermaak van Mesca gesels met Kies Koers.
27 May 14 min