Jan Braai ontbyt vir die Laeveld JOC

Loading player...
24 September is om die draai. Jan Braai, wat natuurlik Braaidag 18 jaar gelede vir nasiebou gestig het, het vanoggend by 100.5FM ingeloer op sy warrelwindtoer. Hy braai in sewe stede binne sewe dae voor #Braaidag.
100.5FM het die Laeveld JOC genooi om saam te kom smul vir ontbyt in die boomhuis by Sonpark-sentrum, om ons waardering te wys vir hul harde werk om almal veilig en ingelig te hou tydens onluste en oproer.
5 Sep 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Operasie verander Houdini se lewe

Houdini, 'n inwoner van die Rhino Sanctuary in Limpopo, het onlangs 'n baanbrekersoperasie ontvang. Arrie van Deventer gesels met 100.5FM oor die volgende een wat hulle beplan om hul renosters se lewenskwaliteit te verbeter.
31 May 14 min

Penryn beste in Mbombela

Penryn is verlede week by die Best of Mbombela-toekennings aangewys as die beste hoërskool en kleuterskool en was tweede in die kategorie vir laerskole. Die uitvoerende hoof, Michael Eisen, pre-primêre hoof Nicole Meyer en bemarkingsbestuurder Grace Mazibuko gesels met 100.5FM.
29 May 14 min

MOTHS sien om na ander

Die MOTHS sien om na mense wat in die leër gedien het, en nou hulp benodig. Roelf Faurie en Lemuel Vermaak van Mesca gesels met Kies Koers.
27 May 14 min