Argeologiese opgrawings ouer as Mapungubwe in Krugerwildtuin ontdek

Loading player...
‘n Argeologiese ontdekking in Letaba in die Krugerwildtuin toon tekens dat dit ouer kan wees as die Koninkryk van Mapungubwe, die oudste bekende inheemse koninkryk in Suider-Afrika wat sowat 1 000 jaar oud is.
Artefakte wat by Letaba ontdek is word beskou as ten minste 1 600 jaar oud en toon tekens van internasionale handel wat in dié tyd gedryf is.
Dr. Xander Antonites is deel van die argeologiespan by die Universiteit van Pretoria wat dit uitgrawe en bestudeer.
Hy verduidelik hoekom dit so belangrik is.
21 Sep 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Operasie verander Houdini se lewe

Houdini, 'n inwoner van die Rhino Sanctuary in Limpopo, het onlangs 'n baanbrekersoperasie ontvang. Arrie van Deventer gesels met 100.5FM oor die volgende een wat hulle beplan om hul renosters se lewenskwaliteit te verbeter.
31 May 14 min

Penryn beste in Mbombela

Penryn is verlede week by die Best of Mbombela-toekennings aangewys as die beste hoërskool en kleuterskool en was tweede in die kategorie vir laerskole. Die uitvoerende hoof, Michael Eisen, pre-primêre hoof Nicole Meyer en bemarkingsbestuurder Grace Mazibuko gesels met 100.5FM.
29 May 14 min

MOTHS sien om na ander

Die MOTHS sien om na mense wat in die leër gedien het, en nou hulp benodig. Roelf Faurie en Lemuel Vermaak van Mesca gesels met Kies Koers.
27 May 14 min