Renosterdag: Waar staan hulle in Afrika?

Loading player...
Dit is Internasionale Renosterdag.
Lara Rall van WWF Suid-Afrika sê dat die renosterbevolking in Afrika sedert 2017 tot ongeveer 22 137 wit- en swartrenosters aan die einde van 2021 afgeneem het.
Die slegte nuus is dat stroping hul grootste bedreiging is en dat 90% van renosters wat in Afrika gestroop word, in Suid-Afrika is. Die witrenoster-bevolking word op net minder as 16 000 beraam.
Die goeie nuus is dat swartrenosters jaarliks met sowat 13% vermeerder het om tans sowat 6 200 sterk te staan.
Sy het met Andri gesels.
22 Sep 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Gholfdag ten bate van Liznica

Liznica House of Hope versorg babas wat deur hul ma's verwerp is tot hulle in pleegsorg geplaas kan word. Die gholfdag ten hul bate is op 9 Mei in Witrivier. Die organiseerder, Yahne McDuling, vertel meer.
23 Apr 8 min

Winkel verwoes in brand in Onder Sabie

Na aanleiding van 'n brandvoorval wat vanoggend, 21 April , aangemeld is wat die kleinhandelwinkel by die Lower Sabie-ruskamp in die Krugerwildtuin raak, word gaste met besprekings by die kamp aangeraai om voorraad op te gaar voor aankoms of voorraad soos hout, ys, ens. by die ander kampe soos Skukuza,…
21 Apr 6 min