
Charl Saunderson gesels in sy weeklikse progam “Kom ons praat ‘n bietjie boer”
Loading player...
Charl Saunderson is ‘n bekende dorper stoetteler van Kenhardt in die Noord-Kaap, maar ook ‘n berader, predikant en motiveringspreker. Hy gebruik eenvoudige “boere-terme” om ‘n belangrike skakel in die boerdery uit te wys en deel so ‘n paar lesse met mede-landbouers. Hy gesels vandag verder oor ‘n paar “oorgee”-beginsels in boerdery. Hy verduidelik die wyses van oorgee aan ‘n volgende generasie en vandag is die seuns aan die beurt.