Aloe simii: Alles wat hy van dié plant moet weet

Loading player...
SANRAL se beplande P166 ringpad na die R40 suid tussen Witrivier en Mbombela is moontlik terug op die kaarte, maar kry weereens baie teenkanting uit die Witirivier-gemeenskap.
Hulle voer onder meer aan dat dit die vleilande in en om die dorp, sowel as die kritiek bedreigde aloe simii, bedreig.
Willem van Staden, ‘n plantkundige by die Mpumalanga toerisme- en parke-agentskap (MTPA), verduidelik dat die aloe simii endemies is aan die Laeveld van Mpumalanga – en dat die pad waarskynlik die einde van die plant in die natuur sal beteken.
23 Sep 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Cake 4 CANSA eerste keer in Laeveld

Louise Liebenberg wou vir jare reeds iets doen vir KANSA om hul in hul goeie werk te ondersteun. Sy organiseer Cake 4 CANSA, wat hopelik 'n jaarlikse instelling sal word.
25 Aug 4 min

SANParke waarsku besoekers aan wildtuin oor reëls voor Parkeweek

SANParke se jaarlikse Parkeweek bied Suid-Afrikaners die week van 7 September gratis toegang tot reservate. Rey Thakhuli gesels met 100.5FM oor toeriste wat onlangs die park onregmatig betree het en besoekers wat op geslote paaie gestrand raak en gered moet word.
25 Aug 10 min

Pumas bly derde op Curriebeker-punteleer met een ronde oor

Die Griekwas bly steeds eerste op die Curriebeker-punteleer na hul 38-14 sege Vrydag oor die Airlink Pumas by Mbombela-stadion. Die Cheetahs wat ook 26 punte het is saam met die verdedigende kampioene reeds verseker van plekke in die halfeindronde. Hulle word gevolg deur die Pumas met 17 punte en die…
25 Aug 5 min