
PM berig oor die melkkuddes van Oekraïne wat besig is om te kwyn
Loading player...
Oekraïne se melkkuddes is besig om heeltemal te kwyn as gevolg van die voortslepende oorlog met Rusland. Tot soveel as ‘n derde van die land se kudde sal tot niet gaan, sou die oorlog tot in 2023 voortduur. Meer as 50 000 koeie het alreeds gevrek. Melkplase se infrastruktuur word ook vernietig. Verlore inkomste is ook ‘n groot knelpunt vir die land se kwynende melkbedryf.