
PM berig oor renosters in Mosambiek
Loading player...
‘n Mosambiekse park het vir die eerste keer in 40 jaar weer witrenosters ingeneem. Die terugkeer van die witrenoster na Mosambiek, spesifiek by die Zinave Park, beteken dat Mosambiek weer ‘n toeriste aantreklikheid kan word omdat hulle dan die Groot Vyf huisves. Anti-renosterstropings-aktivis Wayne Bolton, het vanaf Namibië tot in Nelson Mandelabaai ‘n rit op sy bergfiets voltooi om verskillende rolspelers met mekaar te verbind in die stryd teen renosterstroping.