Addisionele sekuriteit op Numbi-pad aangebring na moord op toeris

Loading player...
Addisionele sekuriteitmaatreëls word op die Numbi-pad na die Krugerwildtuin geïmplementeer sedert die moord verlede Maandag op ‘n Duitse toeris.
Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld-sakekamer sê private patrollies en ‘n kamera is sedert April geïnstalleer.
Bemande kameras en reaksie-eenhede wat ondersteun word deur die jongste tegnologie sal binne die volgende twee weke in werking gestel word.
Hulle fokus ook op toerisme-aktiwiteite om gemeenskappe rondom die Krugerwildtuin uit toerisme voordeel te laat trek.
Sy het met Mireille gesels.
12 Oct 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Vryemarkstigting se plan teen misdaad: Radikaal maar Grondwetlik

Niemand blyk ‘n daadwerklike plan te hê om die hoë vlakke van geweldadige misdaad in Suid-Afrika hok te slaan nie. Die Vryemarkstigting het voorstelle. Dit is radikaal, maar Grondwetlik, sê Martin van Staden, die hoof van beleid, maar daar is geen politieke aptyt voor nie. Hy sê misdaadvlakke is abnormaal…
10 Dec 14 min

Kyk uit vir motorfietse

Motoriste is nie gewoond daaraan om op die uitkyk te wees vir motorfietse nie. Johan du Plessis en Francois Neuhoff van Lowveld Motorcycle Training & Country Tracks vra: "Look twice for bikes".
10 Dec 12 min

Marloth skuif honderde stuks wild

Na jare se binnegevegte oor hoe om die oorbevolking van wild in Marloth Park op te los, is honderde diere onlangs verwyder. Cindy Benson van die belastingbetalersvereniging vertel meer.
9 Dec 12 min

Mpumalanga PCV

Kies Mpumalanga PVC vir slim plafonne, soliede vloere en grasperke wat hou! Lezel Havenga gesels met Laeveld Brunch.
8 Dec 22 min