
PM gesels met ‘n bekende in die landboumedia, Johan Pretorius
Loading player...
'n Interessante kompetisie is onlangs geloods om jong en voornemende landbou-joernaliste en -skrywers die geleentheid te bied om hul skryfvaardighede ten toon te stel en in aanmerking te kom vir groot pryse. Johan Pretorius, een van die rolspelers en organiseerders van die kompetisie, verduidelik wat die doel van die kompetisie is. Hy vertel ook van die passie wat bestaan by baie joernaliste en hierdeur kry hulle die kans om hul skryfvernuf te toon en selfs groot kontantpryse te wen.