McKenzi Meyer dalk op pad na Antarktika

Loading player...
McKenzi Meyer, ’n gr. 11-leerling aan Penryn College, is gekies as een van die top 100 “Matrics in Antarctica”.
Dié kompetisie bied vyf Suid-Afrikaanse leerlinge die geleentheid om na Antarktika te reis, en meer te leer oor volhoubaarheid, bewaring en verskillende ekosisteme.
Sy gesels met Ludi en Mireille oor hoekom die bewaring van die planeet haar so na aan die hart lê.
22 Nov 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Mpumalanga Lugskou die naweek

Vanjaar bied die Mpumalanga Lugskou tieners 'n spesiale blootstelling aan die lugvaartbedryf. Johan Heine en Alec Groenewald vertel vir Sonop Ontbyt van die Phillip Lewis Project.
8 May 11 min

Ruan Uys wil wêreld op hol neem met armdruk

Ruan Uys, 'n gr. 11-leerling in Hoërskool Nelspruit het in Oktober armdruk as ‘n sport opgeneem en is nou reeds op pad na die Wêreldkampioenskap wat in September in Bulgarye plaasvind. Hy gesels met die Middag Game Drive.
8 May 9 min

Strandloper vier Afrikaans 100

Die inwoners van Bloubaai – die fiktiewe dorp in Strandloper 2 - vier saam met die res van Suid-Afrika die Afrikaans Amptelik 100 verjaarsdag die maand. Die verjaarsdagviering is amptelik môre, 8 Mei. Bettie Kemp is die skrywer en regisseur.
7 May 11 min

Wat sê die wet: Hhandelsbeperking

Jy verlaat die een maatskappy om aan te sluit by 'n ander, maar hoe nou gemaak met jou kontakte en ander inligting wat jy bymekaargemaak het? Mag jy dit in jou nuwe betrekking gebruik? Daniel Schoeman verduidelik wat sê die wet oor handelsbeperking.
7 May 12 min