Mpumalanga gereed vir heropening van skole môre

Loading player...
Leerlinge wag steeds om in Mpumalanga-skole geplaas te word voor staatskole môre vir die 2023 skooljaar heropen. ‘n Woordvoerder van die provinsiale onderwysdepartement, Gerald Sambo, sê die meeste graad een en graad agt leerlinge is suksesvol in skole geplaas. Die wat nog op plek wag is hoofsaaklik in vinnig groeiende dorpe. In Emalahleni is die meeste met 347 graad eens en 379 graad agts. In Mbombela wag 104 graad eens en 280 graad agts nog op plek.
10 Jan 2023 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Ndlovu Jeugkoor sing vir erfenis

Die Ndlovu Jeugkoor hou op 7 September konsert in die botaniese tuin ten bate van die SANParke Ereveldwagters as deel van hul Erfenistoer. Ralf Schmitt gesels met Sonop Ontbyt.
25 Aug 10 min

Die moets en moenies vir Eisteddfod

Senuwees is enige akteur se grootste vyand. Steven Schamrel van Troupe Studio het raad vir ouers en deelnemers voor die drama en spraak-afdeling van die Nelspruit Eisteddfod oor die volgende twee weke plaasvind.
21 Aug 11 min

Geen meer voorbrande, sê Lefpa

Die Laeveld en Platorand-brandbestrydingsvereniging sê geen brandpermitte sal tot verdere kennisgewing uitgereik word nie. Dit is vanweë die hoë brandgevaar te midde van warm, droë en winderige toestande. André Scheepers van Lefpa verduidelik die brandrisiko is tans uiters hoog en alle brandbedrywighede moet reeds voltooi wees om die risiko van…
19 Aug 7 min