Dakar: Basson en Pienaar lê sewende na negende skof

Loading player...
Die Laeveldse bestuurder Eben Basson en sy medebestuurder Leander Pienaar het gister vyfde geëindig in die negende trajek van die Dakar-tydren in Saoedi-Arabië om nou algeheel sewende te lê in die T3-klas.
In die T1-klas het Nasser Al Attiyah van Katar 'n algehele voorsprong van 1 uur en 21 minute. Die Suid-Afrikaners, Henk Lategan en Brett Cummings is tans algeheel in die vierde plek met hul landgenote, Giniel de Villiers en Dennis Murphy vyfde.
11 Jan 2023 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Operasie verander Houdini se lewe

Houdini, 'n inwoner van die Rhino Sanctuary in Limpopo, het onlangs 'n baanbrekersoperasie ontvang. Arrie van Deventer gesels met 100.5FM oor die volgende een wat hulle beplan om hul renosters se lewenskwaliteit te verbeter.
31 May 14 min

Penryn beste in Mbombela

Penryn is verlede week by die Best of Mbombela-toekennings aangewys as die beste hoërskool en kleuterskool en was tweede in die kategorie vir laerskole. Die uitvoerende hoof, Michael Eisen, pre-primêre hoof Nicole Meyer en bemarkingsbestuurder Grace Mazibuko gesels met 100.5FM.
29 May 14 min

MOTHS sien om na ander

Die MOTHS sien om na mense wat in die leër gedien het, en nou hulp benodig. Roelf Faurie en Lemuel Vermaak van Mesca gesels met Kies Koers.
27 May 14 min