
PM gesels met ‘n bestuurslid van “Kroonstad Ignite and Revive”
Loading player...
Pieter van Rensburg van Kroonstad, is ‘n bestuurslid van Kroonstad “Ignite and Revive”, wat in hierdie Vrystaatse dorp tot stand gekom het om die plaaslike gemeenskappe te verenig en te laat saamwerk op verskeie terreine. Die aksies wat oor ‘n paar jaar uitgevoer is, het onder andere ook gelei daartoe dat Kroonstad as Kyknet se Dorp van die Jaar aangewys is. Van Rensburg vertel van verskeie landbougemeenskappe se bydraes tot die sukses van die projek.