
PM berig oor onder andere renosterstropery en kritiek teen antibiotika-vleis
Loading player...
KwaZulu-Natal word die teiken van wildstropers, nadat 133 renosters in die provinsie verlede jaar van kant gemaak is. Stropers het hul fokus verskuif van die Kruger Wildtuin af, wat alreeds 59% van hul oorspronklike getal renosters oor jare verloor het. In ander nuus word berig oor vleis van groot handelsmerke, wat tekens van antibiotika bevat en erg onder kritiek moes deurloop. McDonalds en Walmart is van die groot maatskappye se name wat genoem word.