
Dr. Johnny van der Merwe gesels oor die jongste vleispryse en –tendense
Loading player...
Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het die afgelope week heelwat gedaal teenoor die Amerikaanse dollar, waarskynlik as gevolg van die Eskom-krisis. Slagpryse is steeds onder druk maar lampryse het gestabiliseer. Hoenderpryse het sterk gedaal in die week. Varkvleispryse het intussen weer effens gedaal. Die afwaartse tendens kan tot in Mei voortduur.