
Prof. Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat
Loading player...
Prof. Frikkie Maré, bekende senior landbou-ekonoom, verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat, gesels oor die verhoging in rentekoerse met die doel om waarskynlik inflasie laer te probeer hou. Die gevoel van ekonome is tans dat die rand swakker daaraan toe is as ander geldeenhede in die wêreld. Onderliggende probleme in Suid-Afrika, speel egter ‘n groot rol. Beurtkrag skrik internasionale beleggers af. ‘n Duister prentjie vir ekonomiese groei word dus voorspel wat ten minste vir vanjaar gaan voortduur.