
Dr Johnny van der Merwe gesels oor die jongste vleispryse en –tendense
Loading player...
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe, bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het die afgelope week swakker getoon teenoor die Amerikaanse dollar, waarskynlik as gevolg van die Eskom-krisis. Slagpryse is steeds onder druk en het gedaal, en beurtkrag speel steeds ‘n groot rol. Hoenderpryse het effens gestyg in die week. Varkvleispryse het intussen weer effens gedaal.Die afwaartse tendens kan tot in Mei voortduur.