
PM berig oor die Veevoer-vervaardigingsvereniging wat ‘n nuwe leier aangewys het
Loading player...
Die Veevoer-vervaardigingsvereniging het onlangs ‘n nuwe voorsitter verkies. Anina Hunter, die nuwe voorsitter, was voorheen vir ses jaar deel van AFMA se raad. Hunter het genoem dat Afma se visie is om ‘n veevoerleier te wees sodat die bedryf kan groei en ontwikkel. Die vier fokusareas van die organisasie vir die volgende drie jaar, sluit in landboumeestersplanne, bedryfsopleiding en –ontwikkeling, die rol van bedryfsreguleerder en die rol om SA se mislukte infrastruktuur weer te aktiveer.