
PM gesels oor die gebruik van hommeltuie in boerderypraktyke
Loading player...
Hommeltuie word nogal deesdae algemeen gebruik in Suid-Afrikaanse boerderypraktyke. Pryse wissel van R2 000 vir die goedkoopste tuig, maar kan tot soveel as R500 000 beloop. Kartering-sagteware is ‘n wesenlike deel van hommeltuig-tegnologie. Suid-Afrika het van die strengste wetgewing in die wêreld wat hommeltuie betref. Hommeltuie moet geregistreer word en streng vereistes bepaal onder andere dat hommeltuie nie naby lughawens gebruik mag word nie.