Watervlakke breek rekords in die Laeveld

Loading player...
"Ons is in ‘n tyd van rekords breek," sê die hoof van rampbestuur in Mpumalanga, Jacques Benade, oor die oorstromings die afgelope week.
"Ons het vloedvlakke en damvlakke wat ons sedert 1985 nie gesien het nie."
Hy sê al die damme is vol.
Die grootste brandpunte is Nkomazi, wat die suide van die Krugerwildtuin insluit.
"Nkomazi is in 'n chaotiese toestand. Al die riviere eindig daar."
Hy vra dat mense hulle steur aan die weerwaarskuwings. Vir vandag geld 'n oranje vlak 9-waarskuwing vir swaar reën in Ehlanzeni.
Benade voeg by dat die gevaar nie verby is wanneer die son uitkom nie, omdat oostromings die grootste gevaar inhou.
Hy gesels met Gerhardt en Andri. Luister weer hier.
13 Feb 2023 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Braai Hard vir Power of 8 000

Die tweede aflewering van Braai Hard vind Saterdag plaas ten bate van Power of 8 000. Greg Austin en Angela Kent gesels met die Middag Game Drive.
27 Oct 7 min

Wêreld Woordeboekdag

Wêreld Woordeboekdag was Vrydag, 16 Oktober. 100.5FM het gesels met Yolandi Farham, die uitgewersdirekteur vir Afrika by Oxford University Press oor kunsmatige intelligensie (KI) en soekenjins wat leerders binne sekondes van ’n antwoord kan voorsien. Sy waarsku egter ’n vinnige vertaling bou nie die nodige begrip wat nodig is om…
19 Oct 10 min