
dr. Johnny van der Merwe, 'n landbou-ekonoom, gesels oor kommoditeite
Loading player...
Senior landbou-ekonoom, dr. Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Wit- en geelmielies se spotpryse het hierdie week gestyg. Sojaboonpryse het ook gestyg, meestal as gevolg van die prys van die dollar. Sonneblompryse het weer gedaal. Koringpryse kry tans ondersteuning en sorghum se pryse het effens gestyg sowel as die van uitgedopte grondbone. Katoenpryse het gestyg en lusernpryse het dieselfde gebly.