
PM berig oor die druk om olifante in Zimbabwe uit te skot
Loading player...
Die geweldige groei in syfers van Zimbabwe se olifantbevolking, bring ernstige ekologiese probleme vir die wildbedryf van die land se nasionale parke. Ongeveer 30 000 olifante sal in die onmiddellike toekoms moet uitgedun word. Ongeveer 100 000 olifante is tans op sowat vyf miljoen hektaar en die land se minister het ‘n beroep gedoen op rolspelers in verskeie lande om hande te vat en na ‘n gesamentlike oplossing te soek vir die probleem.