
Prof. Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat, gesels oor ekonomiese groeisyfers
Loading player...
Senior landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat, Prof. Frikkie Maré, gesels oor die ekonomiese groeisyfers wat pas deur Statistieke SA bekendgemaak is. Die inflasiesyfers het net verder opwaarts geklim en dit beteken dat ‘n resessie binnekort ‘n harde werklikheid is. Die syfers vir landbou is dus nie rooskleurig nie. Beleggersvertroue word ontmoedig en Suid-Afrika word verder nie meer as ‘n veilige hawe nie. Werkloosheid is aan die orde van die dag en lae ekonomiese groei is ‘n werklikheid.