Wêreldrekord wink vir gholfspelers met groot harte

Loading player...
Twaalf plaaslike gholfspelers gaan Donderdag poog om 1 000 gholfgate binne 12 ure te speel by Mbombela-gholfklub.
Dit vorm deel van 'n fondsinsameling ten bate van Ministry on Wheels en Grace Baby Haven en word gevolg deur 'n gholfdag vir hulle Vrydag.
André Botes en Kelvin Fincham van Grace Family Fellowship vertel hoe hulle besluit het om hierdie wêreldrekord op te stel.
14 Mar 2023 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Gholfdag ten bate van Liznica

Liznica House of Hope versorg babas wat deur hul ma's verwerp is tot hulle in pleegsorg geplaas kan word. Die gholfdag ten hul bate is op 9 Mei in Witrivier. Die organiseerder, Yahne McDuling, vertel meer.
23 Apr 8 min

Winkel verwoes in brand in Onder Sabie

Na aanleiding van 'n brandvoorval wat vanoggend, 21 April , aangemeld is wat die kleinhandelwinkel by die Lower Sabie-ruskamp in die Krugerwildtuin raak, word gaste met besprekings by die kamp aangeraai om voorraad op te gaar voor aankoms of voorraad soos hout, ys, ens. by die ander kampe soos Skukuza,…
21 Apr 6 min