Nkomazi 400: Voorskou van dié tydren met plaaslike ryer Eben Basson

Loading player...
Na ‘n afwesigheid van ses jaar is die Nkomazi 400 terug op die Suid-Afrikaanse Rally-Raid Kampioenskap kalender. Dit vind Vrydag en Saterdag in Malelane plaas. Daar was vanmiddag 'n spesiale oefenlopie waar lede van die publiek die geleentheid gehad het om saam met plaaslike tydrenryers op die oefenbaan te ry in ‘n Toyota Hilux soos waarmee Nasser Al-Attiyah en Mathieu Baumel Dakar 2023 gewen het Andri het saamgery en met plaaslike Dakar-ryer, Eben Basson, en technikuste oor die tydren gesels.
22 Mar 2023 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Die moets en moenies vir Eisteddfod

Senuwees is enige akteur se grootste vyand. Steven Schamrel van Troupe Studio het raad vir ouers en deelnemers voor die drama en spraak-afdeling van die Nelspruit Eisteddfod oor die volgende twee weke plaasvind.
21 Aug 11 min

Geen meer voorbrande, sê Lefpa

Die Laeveld en Platorand-brandbestrydingsvereniging sê geen brandpermitte sal tot verdere kennisgewing uitgereik word nie. Dit is vanweë die hoë brandgevaar te midde van warm, droë en winderige toestande. André Scheepers van Lefpa verduidelik die brandrisiko is tans uiters hoog en alle brandbedrywighede moet reeds voltooi wees om die risiko van…
19 Aug 7 min

Dancing Queens dans vir goeie doel

Angela Kent het verlede jaar die Dancing Queens gekonseptualiseer. Nou is dit 'n projek deur Witrivier-inwoners ten bate van 'n nie-winsgewende organisasie in die gemeenskap en dit word uitstekend ondersteun. Sy en Donna James kuier by 100.5FM.
18 Aug 8 min