Radikaal in die toring van Babel

Loading player...
GENESIS 11
Die toring van Babel
Die hele wêreld het net een taal gepraat. Toe die mense ooswaarts getrek het, het hulle uitgekom by 'n vlakte in Sinar en daar gaan woon. Hulle het op 'n keer vir mekaar gesê: “Kom ons maak stene en ons brand hulle hard.”
Hulle het toe stene in plaas van klip gebruik en asfalt in plaas van klei.
Toe sê hulle: “Kom ons bou vir ons 'n stad met 'n toring waarvan die punt tot in die hemel reik en ons maak so vir ons 'n naam. Dan sal ons nie oor die hele aarde versprei nie.”
Die Here het afgekom om te kyk na die stad en die toring wat die mense vir hulle gebou het, en toe sê Hy: “Hier is hulle een volk en almal het een taal. Hulle het nog maar net begin om iets te doen. Hierna sal niks wat hulle beplan vir hulle onmoontlik wees nie. Kom laat Ons afgaan en verwarring bring in hulle taal, sodat die een nie die ander verstaan nie.”
Die Here het hulle toe van daar af verstrooi oor die hele aarde, en hulle het opgehou met die bou van die stad. Daarom het hulle die stad Babel genoem, want daar het die Here in die taal van die aarde verwarring gebring, en van daar af het Hy die mense oor die hele aarde verstrooi.
17 Mar 2023 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Understanding Psalms

In today's Searching the Scriptures, Stewardt Gordon and Theo Groeneveld is discussing the theme: understanding Psalms in the old Testament
10 Oct 21 min

The Lord's Prayer - Matt. 5

In today's episode of Searching the Scriptures, Braam Klopper, Theo Groeneveld and Stewart Gordon talks about the Lord's Prayer, from Matthew 5
19 Sep 20 min

Persistence in Prayer

Braam Klopper, Theo Groeneveld and Stewart Gordon discusses the theme: Persistence in Prayer - Luke 11:1-13
12 Sep 21 min