Barberton het teen 2026 dalk weer sy eie munisipaliteit

Loading player...
Die Munisipale Afbakeningsraad nooi die publiek om hul opinies te lug oor veranderings wat aan munisipale grense in Mpumalanga voorgestel is.
Die voorstel is dat die voormalige Umjindi-area uit Mbombela-munisipaliteit verwyder word en ‘n nuwe plaaslike owerheid geskep word.
Daar word ook beplan om Thaba Chweu, Bosbokrand en Emakhazeni (Belfast/Machado/Dullstroom) saam te voeg onder 'n nuwe, vierde distriksmunisipaliteit.
Chief Albert Luthuli (Carolina/Badplaas) sal ook by Ehlanzeni-distrik ingesluit word.
Philip Minnaar, DA-raadslid van Barberton, verduidelik wat aangaan.
20 Apr 2023 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Die moets en moenies vir Eisteddfod

Senuwees is enige akteur se grootste vyand. Steven Schamrel van Troupe Studio het raad vir ouers en deelnemers voor die drama en spraak-afdeling van die Nelspruit Eisteddfod oor die volgende twee weke plaasvind.
21 Aug 11 min

Geen meer voorbrande, sê Lefpa

Die Laeveld en Platorand-brandbestrydingsvereniging sê geen brandpermitte sal tot verdere kennisgewing uitgereik word nie. Dit is vanweë die hoë brandgevaar te midde van warm, droë en winderige toestande. André Scheepers van Lefpa verduidelik die brandrisiko is tans uiters hoog en alle brandbedrywighede moet reeds voltooi wees om die risiko van…
19 Aug 7 min

Dancing Queens dans vir goeie doel

Angela Kent het verlede jaar die Dancing Queens gekonseptualiseer. Nou is dit 'n projek deur Witrivier-inwoners ten bate van 'n nie-winsgewende organisasie in die gemeenskap en dit word uitstekend ondersteun. Sy en Donna James kuier by 100.5FM.
18 Aug 8 min